Oscar: Nike SA onttrek amptelik as borg

Oscar Pistorius met sy Nike-sportdrag

Nike, vervaardiger en verkoper van sporttoerusting en -klere, het Donderdag bevestig dat sy kontrak met Oscar Pistorius opgeskort is.

Seruscka Naidoo, Nike SA se kommunikasiebestuurder, het in ʼn verklaring gesê Nike het die kontrak met Pistorius, asook betalings aan hom opgeskort.

“Ons glo dat Pistorius die tyd gegun moet word vir die regsprosesse om sy gang te gaan. Ons sal egter die situasie goed monitor,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die twee groot borge Oakley en Nike hulself Maandag van Pistorius distansieer het nadat hy van moord op Reeva Steenkamp aangekla is.

Oakley, sonbrilvervaardiger, het sy kontrak met Pistorius opgeskort, het CBC Sports Maandag berig. Nike het dit toe nie amptelik gestel nie en slegs gesê dat hulle tans geen planne het om Pistorius in toekomstige advertensieveldtogte te gebruik nie.

Lees ook:
Oscar slaap op vloer
Dag drie in Oscar-borgtogaansoek
Nuuskommentaar: Oscar en koerantlesers – soos hond wat padda vang
Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval
Oscar se oom praat
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.