Oscar onderhandel met Reeva se ouers

Reeva Steenkamp en Oscar Pistorius.

Reeva Steenkamp en Oscar Pistorius.

Oscar Pistorius se prokureurs onderhandel al vir ses maande lank buite die hof met verteenwoordigers van die vermoorde Reeva Steenkamp se ouers.

Prokureurs vir altwee partye het Donderdag gesê die onderhandelinge duur voort en wou nie kommentaar lewer oor ʼn moontlike skikking nie. Volgens mediaberigte kan die moordbeskuldigde atleet moontlik tot soveel as R3 miljoen aan die Steenkamp-gesin oorbetaal.

Dup de Bruyn, prokureur vir die Steenkamps, het gesê die onderhandelinge het in Augustus begin toe hy dit aan die Associated Press bevestig het. Brian Webber, een van Pistorius se prokureurs, het gesê hulle wil graag ʼn skikking bereik.

Pistorius moet op 3 Maart weer in die hof verskyn nadat hy Steenkamp op 14 Februarie in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy het haar glo vir ʼn inbreker aangesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eben ·

Oscar ek is seker een van die min wat glo jy is onskuldig ….. Jy het haar geskiet, maar dit was n ongeluk. (So dink ek) maar hoekom vir haar ouers n eks-bedrag te skenk. Dis seker nie Oscar se skuld dat haar ouers finansieel swaar trek?

Stephanie ·

Ek het nie veel kennis van die regstelsel, as hulle n skikking sluit, word hy dan nogsteeds strafregtelik vir moord of wat ookal die aanklag was aangekla?

Eben ·

Baie goeie vraag Stephanie … glo iemand met regs-kennis sal later kommetaar lewer. Dit sal interressant wees om te weet.

Nuus-Leser ·

Ek stem saam met jou Stephanie, ek wonder ook of hy dan steeds aangekla gaan word?

nadine ·

Stephanie
Dit is twee verskillende aksies. Die in die hof is deur die staat gedoen en is strafregtelik en Reva se familie kan niks daaraan doen nie. Die aksie tussen hulle en oscar is seviel (skade wat hul lei agv sy aksies) en tas geensins die saak in die hof aan nie. Hoop dit antwoord jou vraag

nadine ·

Stephanie
Dit is twee verskillende aksies. Die in die hof is deur die staat gedoen en is strafregtelik en Reva se familie kan niks daaraan doen nie. Die aksie tussen hulle en oscar is seviel (skade wat hul lei agv sy aksies) en tas geensins die saak in die hof aan nie. Hoop dit antwoord jou vraag.

Theresa ·

Die wagwoord hier is “skikking”………………… Jip, wat geld net nie kan doen nie nê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.