Oscar: Ondersoekbeampte nie in hofsaal

Ao. Hilton Botha, die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-saak, Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hof moes vir Donderdag vir 15 minute lank verdaag omdat die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-borgtogaansoek nie in die hofsaal was nie.

Die verrigtinge moes omstreeks 11:20 afgeskop het. Adv. Gerrie Nel, vir die staat, het gesê hulle was nie bewus dat die ondersoekbeampte, ao. Hilton Botha, self tereg staan op sewe aanklagte van poging tot moord nie. Nel het glo eers gister uitgevind. Hy het ná die hof begin het, gesê Botha “kies om nie nou hier in die hof te wees nie”. Landdros Desmond Nair het daarna die hof laat verdaag en gesê die staat moet Botha inbring, aangesien hy met hom in gesprek wil tree.

Maroela Media het vroeër berig brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het vroeg Donderdagoggend bevestig dat Botha in Mei saam met twee ander polisiebeamptes in die hof sal verskyn. Malila sê die aanklagte hou verband met ʼn voorval in 2011 waar Hilton en die twee ander beamptes glo onder die invloed van alkohol was toe hulle op ʼn minibustaxi losgebrand het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica ·

Sal ons nou wonder hoekom hy nie sy gesig in die hof wil wys. Ek sou ook nie as ek iemand anders wil laat boet vir ‘n daad maar ek het SEWE aanklagte. Hou nie van die man se gesig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.