Oscar: Pa blameer ANC vir gewere

Henke Pistorius

Oscar Pistorius se pa, Henke, het die ANC blameer vir die Oscar-sage omdat die regering daarin faal om geweldsmisdaad te beveg.

Henke het in ʼn onderhoud met internasionale media, The Telegraph, gesê dit is as gevolg van geweld dat Suid-Afrikaners hulself wil bewapen.

Volgens die berig het Henke gesê hy en ander lede van sy familie besit vuurwapens omdat hulle nie die polisie kan vertrou om hulle teen kriminele te beskerm nie. Hy het gevolglik Suid-Afrika se hoë geweldsmisdaadsyfer op die regering blameer. Suid-Afrika se geweldsmisdaadsyfer is van die hoogste in die wêreld, met 15 000 mense wat verlede jaar vermoor is.

Henke het ook misdaad teen wit Suid-Afrikaners uitgesonder, veral dié in landelike gebiede. Hy het gesê veral boere leef in vrees en dat nagenoeg 1 600 wit boere sedert 1990 vermoor is.

Henke se kommentaar kom nadat dit aan die lig gekom het dat die Pistorius-familie ʼn voorliefde het vir wapens en dat hulle gesamentlik sowat 55 vuurwapens besit.

Oscar is tans uit op borgtog van R1 miljoen. Hy word daarvan aangekla dat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie in sy huis in die Silwer Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, met voorbedagte rade doodgeskiet het. Pistorius beweer dit was ʼn ongeluk en dat hy Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het. Pistorius moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Don Clifford ·

Die wit afrikaners lewe nou regtig in vrees , waar voorheen vrees bevange was , wat in Kenia met die Uhuru slagting plaas gevind het , the mau mau gevreesde dae in 1960 , toe Zimbabwe en nou Suid Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.