Oscar Pistorius gaan Olimpiese Spele toe

Oscar Pistorius maak geskiedenis deur die eerste paralimpiese atleet te word wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Woensdag bevestig dat Pistorius die land in die 400 meter en 4×400 meter-aflos gaan verteenwoordig tydens die 2012 Olimpiese Spele in Londen. Hy gaan ook later vanjaar die land by die Paralimpiese Spele verteenwoordig.

Tubby Reddy, Saskok se uitvoerende hoof, het gesê hoewel Pistorius aanvanklik nie vir die 400 meter kwalifiseer het nie, het Saskok besluit om hom vir die item in te sluit omdat hy wel vir die aflosspan gekies is. Saskok het ook dié vergunning vir sekere van die swemmers gemaak wat aanvanklik net aan die aflosse sou deelneem.

Pistorius het Woensdag op sy webwerf geskryf: “Vandag is werklik een van die trotste dae van my lewe. Om die land in albei items in die Olimpiese Spele te verteenwoordig is ʼn groot eer en ek is bly dat jare se harde werk, deursettingsvermoë en opofferings op die ou end die moeite werd was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.