Oscar Pistorius het glo nuwe meisie

Leah Skye Foto: dailymail.co.uk

Leah Skye Foto: dailymail.co.uk

Annelise Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-gesin, wou nie vrae beantwoord oor gerugte dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius ʼn nuwe meisie het nie, het Beeld Saterdag berig.

Volgens Beeld het die Britse poniekoerant The Sun berig dat Pistorius ʼn verhouding aangeknoop het met die 19-jarige Leah Skye, ʼn studentparamedikus aan die Universiteit van Johannesburg. Volgens The Sun het die twee mekaar in Desember tydens ʼn vakansie in Mosambiek ontmoet.

Pistorius, wat die model Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het, se verhoor begin Maandag. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert Rautenbach ·

Moet nou nie so sensasie soek soos die Beeld nie.Kry jul eie berigte nie se wat hul se wat hul weer gelees het nie.

Slim Daan ·

Gertjie,
Op n ander berig op die forum lui die opskrif ” leerlingparamedikus skop en slaan glo hond dood ” ! Toeval….of hoe ?

Kobus ·

Ag dis so ‘n mooi storie. Ek is so bly hy het weer liefde en geluk gevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.