Oscar Pistorius kry forensiese kenners van VSA

Oscar Pistorius op 19 Augustus 2013 in die Pretoriase landdroshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius op 19 Augustus 2013 in die Pretoriase landdroshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Forensiese ondersoekbeamptes van Amerika gaan die moordverdagte, Oscar Pistorius, se regspan bystaan om voor te berei vir sy verhoor wat volgende jaar afskop.

“Ek kan bevestig dat ʼn span forensiese kenners van Amerika saam met die verdedigingspan werk,” het Anneliese Burgess, die familie se woordvoerder, gesê.

“Dit is standaard praktyk om saam met kenners te werk tydens die voorbereiding van ʼn verhoor.”

Sy het gesê dat die ondersoekbeamptes saam met Pistorius se prokureurs Maandag by Pistorius se huis in Pretoria byeengekom het.

Burgess het gesê dat sy nie oor meer besonderhede van die ondersoekbeamptes se werk kan kommentaar lewer nie.

Oscar word daarvan aangekla dat hy sy meisie, die model Reeva Steenkamp, op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Tydens sy borgtogverhoor het hy aangevoer hy het haar as ʼn inbreker aangesien. Hy is tans uit op borgtog van R1 miljoen.

Die moordverhoor skop op 3 Maart af en behoort tot 20 Maart te duur. Die staat het aangedui dat hy 107 getuies gaan roep om te getuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

giel ·

Ek dink dit is n goeie ding dat hulle kom want dalK sien hulle iets raak wat S.A se saps dalk nie raak gesien het nie en die saak nog warmmer maak

Dries ·

Ja, sodat hy op een of ander obskure tegniese punt kan loskom, al weet hy voor sy siel hy’s skuldig!!! Dis tipies van enige goeie verdediging. as hulle weet hulle kliënt is skuldig. Waarvoor vat dit ook so lank vir die saak om voor te kom?? As dit enige van ons “gewone” mense was, sou die saak al lankal verby gewees het!!

Meneer ·

Sterkte, Oscar. Jy het die reg om jou onskuld te bewys. Ek hoop en vertrou dat geregtigheid sal seëvier. Ten minste betaal jy jou eie regskoste. Daagliks word gesinne uitgewis deur rowers. Ek kan regtig nie sien wat maak Reeva so spesiaal nie. Daar is letterlik honderde ander mense wat vermoor word soos diere.

Sommer net ek ·

Man kom ons staan stil en wees eerlik…hiervan gaan nie veel kom nie! Uit Amerika uit gaan hulle die howe wat onbevoeg is hier in Suid Afrika so gooi, julle gaan net kom sien. Tot vandag toe nog weet ek nie hoe ek voel oor wat hier gebeur het nie – en dan weet ek ook – ek kan nie die man skuldig maak voor die “hof” nie so sê nie. Net hy sal werklik weet wat 14 Feb 2013 gebeur het. Vir baie van ons – gaan ons graf toe sonder dat ons ooit sal weet – wat het gebeur daai nag! Feit: Bly hel hierdie.

Ekke ·

Al was dit ‘n inbreker, het Oscar geen reg gehad om ‘n inbreker wat homself in die toilet toegesluit het, te skiet nie.

Strawberry ·

Maak nie saak of hy skuldig is of nie. Die feit bly staan hy het gedink dis n inbreker, my opinie (En jy kan nie saam praat as dit nog nie met jou gebeur het nie) as daar n inbreker in jou huis is sal jy wat doen om jou en jou geliefdes te beskerm. Mens dink nooit aan die nagevolge nie. Dinge gebeur so vinnig dat jy net dink ek moet iets doen. Ons self is al hierdeur en nou nog spook dit by ons. Ons kon daardie aand dood gewees het. Baie gevalle was al so dat jy gedink het dis n inbreker en dan jou geliefdes skiet. Dink eerder die regering moet die skuld dra, want hulle se mos ons land is “crime free”!!! Ons almal bly in vrees. Sterkte Oscar dink aan jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.