Oscar Pistorius-moordsaak uitgestel

Pistorius verskyn in die Pretoria-landdroshof tydens sy borgaansoek in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Video van Oscar se aankoms by die hof volg onderaan die berig. Die saak teen Oscar Pistorius is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof uitgestel.

“Die saak word tot 19 Augustus uitgestel,” het waarnemende landdros Daniel Thulare gesê.

Dieselfde aangepaste borgvoorwaardes sal geld.

Pistorius word van moord met voorbedagte rade aangekla nadat sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet is. Pistorius se verdedigingspan voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.