Oscar Pistorius-moordverhoor: ‘Hoe kon hy nie gille hoor?’

Oscar tydens die hofverrigtinge. Foto: Herman Verwey/Media24 - POOL

Oscar tydens die hofverrigtinge. Foto: Herman Verwey/Media24 – POOL

Michelle Burger, die staat se eerste getuie in die Oscar Pistorius-moordsaak, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat sy nie kan verstaan hoe sy die aand van Reeva Steenkamp se moord gille gehoor het maar dat Pistorius dit nie gehoor het nie.

Burger, ʼn dosent aan die Universiteit van Pretoria, is Maandagoggend deur Gerrie Nel, die staatsaanklaer, ondervra en het getuig dat sy gille en geweerskote gehoor het die aand van Steenkamp se moord. Burger, wat in die landgoed langs Pistorius se landgoed woon, is na middagete deur Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, onder kruisondervraging geneem.

Roux het probeer wys dat Burger bevooroordeeld teenoor Pistorius is. Hy het onder meer aangevoer dat Pistorius soos ʼn vrou skree wanneer hy angstig is en dat Burger dus nie kan seker wees of die gille wat sy gehoor het die van ʼn man of ʼn vrou was nie. Burger het aangevoer dat die vrou se gille haar laat skrik het aangesien sy die vrees daarin kon hoor. Roux het aan Burger gevra of sy gehoor het hoe Pistorius die badkamerdeur met ʼn krieketkolf afgebreek het waarop Burger geantwoord het dat sy dit nie gehoor het nie. Roux sê Burger het nadat sy Pistorius se weergawe van die gebeure tydens sy borgaansoek gehoor het, besluit dit nie kan waar wees nie. “Jy het besluit dat indien hy gesê het dat Reeva nie geskree het nie, hy jok. Volgens jou kan hy dus nie die waarheid praat nie.” Roux sal Dinsdagoggend voortgaan met sy kruisondervraging van Burger.

Klik hier om grafika van Pistorius se weergawe van die gebeure te sien.

Klik hier om hooftrekke uit die hofverrigtinge op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ken mellet ·

Michelle Burger het getuig dat sy wakker geword het van ‘n vrou wat in nood verkeer het VOOR die skote geklap het! Nie iemand wat soos die vedagte klink wat teen ‘n hoe stemtoon skree VOOR hy vermoedelike inbreker/s gaan doodskiet nie! Kan sy advokaat so dom klink dat hy self nir kan hoor wat hy se nie?!!! Regtig…die klem le VOOR die skote geklap het, dan nie?!!!

TELEURGESTELD ·

Ek is baie teleurgesteld in ons regstelsel. Met ‘n tolk soos die wat gister in die saak getolk het gaan die saak seker uitgegooi word, sy kan nie eers sê wat die vrou sê in engels nie. Waar in die lewe moet jy die tolk reghelp. Nee wat, ons land gaan net al hoe meer agter uit.

Andreas ·

Die kriks is dat die geskree voor die skote was. As Oscar dan soos n vrou skree hoekom voor die skote. Het hy dan gegil en dan haar gaan siek het. As hy haar dan per ongeluk geskiet het moes hy dan na die skote geskree vir hulp.Verseker nie voor die skote.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.