Oscar Pistorius-moordverhoor: Snuffelhond deursoek hof

Die toneel vroegoggend buite die hof waar Oscar Pistorius se moordverhoor gaan begin. Foto: Karin Labuschagne / eNuus / Twitter

Die toneel vroegoggend buite die hof waar Oscar Pistorius se moordverhoor gaan begin. Foto: Karin Labuschagne / eNuus / Twitter

ʼn Snuffelhond het Maandagoggend, drie ure voordat die moordverhoor van Oscar Pistorius omstreeks 10:00 gaan begin, die hooggeregshof in Pretoria deursoek. Tien getuies gaan na verwagting Maandag getuig.

Intussen het plaaslike en internasionale media op die hof toegesak, ondanks gure weer. Fotograwe het vyf lere by die hof se ingang opgerig om ʼn beter uitsig oor die verrigtinge buite die hof te kry.

Twee polisievoertuie was vroegoggend by die hof en ʼn paar metropolisiebeamptes het ook buite die hof rondgestaan.

Pistorius word daarvan aangekla dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, verlede jaar op 14 Februarie by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Pistorius voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Die staat gaan probeer bewys dat dit moord met voorbedagte rade was, en dat die paartjie baklei het voordat hy haar agter ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het. – SAPA

Klik hier om alle nuus oor die hofsaak op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.