Oscar Pistorius-moordverhoor: Staat vergader met Apple

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Die staatsaanklaers in Oscar Pistorius se moordverhoor het glo ʼn vergadering belê met beamptes van die selfoonvervaardiger Apple om moontlik bewysstukke op die atleet se selfoon te bekom.

Pistorius voer aan hy het die wagwoord van een van die selfone vergeet wat op die toneel aangetref is nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.

Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê ondersoekbeamptes sal Donderdag, danksy die Amerikaanse FBI, met Apple in Amerika vergader. “Enige moontlike bewyse op die telefoon kan slegs ʼn byvoeging wees tot ons bestaande bewyse,” het Mncube gesê.

Staatsaanklaers hou vol Pistorius en Steenkamp het baklei voordat hy haar geskiet het en dat die inligting op sy selfoon moontlik lig kan werp op die verloop van gebeure voordat hy haar vroegoggend doodgeskiet het.

Die staatsaanklaers sal enige bewyse ook aan Pistorius se verdedigingspan beskikbaar maak.

Pistorius se moordverhoor begin Maandag in die Pretoriase hooggeregshof en sal na verwagting tot 20 Maart duur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.