Oscar Pistorius: NVG swyg oor pornografie-berig

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou nie kommentaar lewer oor ʼn Sondag-berig dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius pornografiese webwerwe besoek het net voordat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het nie.

“Ek kan nie daarop kommentaar lewer nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder vir die NVG, gesê. “Wettiglik kan die NVG nie kommentaar lewer oor die meriete van ʼn saak nie. Die saak is nog sub judice.”

Die Sunday Times het berig dat die staat, deur middel van data wat hy van Pistorius se selfoon bekom het, bevind het dat die atleet pornografie- en tweedehandsemotor-webwerwe besoek het. Dit sal deel vorm van die staat se getuienis, aldus die berig.

Die koerant het berig dat die NVG, in repliek op die verdediging, in sy hofdokumente gesê het: “Die beskuldigde se webwerfaktiwiteit, vandat hulle by die huis aangekom het, is teenstrydig met dié van ʼn liefdevolle paartjie wat tyd saam spandeer.”

Die NVG het Vrydag ontken dat hy dokumente oor Pistorius se moordverhoor aan die media uitgelek het. Eyewitness News het berig dat die staat op 13 feite sal steun om te bewys dat Pistorius skuldig is aan moord met voorbedagte rade. Pistorius beweer hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

eNCA het berig dat Pistorius heel moontlik nie sy prostese aangehad het toe hy die skote gevuur het nie, en dit sal die staat se saak ondermyn. -SAPA

Lees ook:
Oscar Pistorius-moordverhoor: Verdoemende bewyse glo uitgelek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mara kruger ·

En volgende gaan seker een of ander sataniese ding wees,so bly ek is nie n seleb,as jy hard poep weet die wereld dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.