Oscar Pistorius sal volgende jaar in Maart in die hof verskyn op aanklag dat hy sy vriendin doodgeskiet het, het sy prokureur Saterdag gesê.
“Die hofsaak sal in Maart begin,” het Kenny Oldwage aan AFP gesê. “Die hofsaak sal na verwagting in die eerste week van Maart begin en tot aan die einde van Maart duur.”
Die 26-jarige Olimpiese atleet sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn waar hy na verwagting aangekla sal word van moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, nadat hy haar op 14 Februarie 2012 doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar deur ‘n geslote badkamerdeur geskiet nadat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.
Die staat voer aan dit is moord met voorbedagte rade, ‘n aanklag wat tot lewenslange tronkstraf kan lei.
Oldwage wou nie kommentaar lewer op plaaslike mediaberigte dat twee nuwe aanklagte, wat verband hou met die roekelose hantering van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek, by die klagstaat gevoeg kan word nie. Volgens eNCA hou een van die klagtes verband met ‘n voorval in Januarie toe Pistorius per ongeluk ‘n skoot in ‘n besige restaurant in Melrose Arch in Johannesburg afgevuur het. In ‘n ander voorval het Pistorius glo ‘n vuurwapen deur die sondak van ‘n vriend se motor laat afgaan toe hulle van vakansie af oppad terug was huis toe.
En wat van al die Swartes wat die wittes in hulle huise vermoor, plaas moorde, hulle kom soontoe met wapens, met die doel om dood te maak, en hulle sit nie baie lank as hulle gevang word nie, sorry Oscar jou vel is die verkeerde kleur ou maat, sterkte!
Jou koppie raas bietjie, maar ek dink darem nie jy is skuldig nie, hoop dat as jy tweede kans kry, dat jy dit sal gebruik!
stem saam met Brampie.velkleur pribleem