Oscar Pistorius skiet glo meisie

Oscar Pistorius. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet, het volgens berigte vanoggend ʼn vrou in sy huis doodgeskiet nadat hy glo gedink het sy is ʼn inbreker. Na wat verneem word is dit sy jaarlange meisie.

Volgens ʼn polisiebron het die voorval omstreeks 04:00 in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, plaasgevind. Sy is glo vier keer geskiet. Sy is in die arm en die kop gewond en is op die toneel dood. Oscar word glo tans deur die polisie aangehou.

Lees ook die opvolgberigte:
Oscar-skietvoorval: Medelye stroom in vir meisie
Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa
 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Nou wat soek die vrou 4 uur in die oggend in sy huis.Met al die moord en roof wat in ons land aangaan,kan n mens hom nie kwalik neem nie,Hoekom word hy toe in hegtinis geneem,ja die rowers,en moordenaars het mos meer regte in die land.

A Erasmus ·

Ons moet onthou die mannetjie het n humeurtje aan hom. Hy was ook al vantevore in die sop oor hy n meisie van hom rond geklap het…. Hierdie hele storie maak nie vir my sin nie. Twee skote nogals, en een daarvan in die kop. Nee wat, ek ruik n rot…..

Dalene ·

Dis wat hy se. En hoekom het hy twee keer geskiet? Nie eers die media kon in die kompleks kom nie. Ek glo nie sy storie nie

A Erasmus ·

Die polisie sluit nie sommer iemand toe wat in “self verdediging” opgetree het nie… En 4 uur die oggend…? Klink vir my na n party wat te lank aangehou het, ontaard het in bakleiery, en toe klap die skote… My beskeie oningeligte mening….

Freek ·

Dis baie hartseer verhaal.Tyd sal di waarheid bring. Ek kan ni oordeel ma ek ruik ook iets!

Lourize ·

Ek is soooo jammer as ek verkeurd is, maar die hele storie klink vi my maar dodgy

Marlené ·

Wens ek was daar om Reeva te help. Wens ek kon alles sien. Hoe moes sy voel na die 1e skoot? Die geskree wat die vrou gehoor het, 600 meter ver’ was seker die skree voor haar dood. Wat moes als deur haar gedagtes flits’ 4 skote en dit alles om haar dood te maak’ die krieketkolf nog n storie’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.