Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet, het volgens berigte vanoggend ʼn vrou in sy huis doodgeskiet nadat hy glo gedink het sy is ʼn inbreker. Na wat verneem word is dit sy jaarlange meisie.
Volgens ʼn polisiebron het die voorval omstreeks 04:00 in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, plaasgevind. Sy is glo vier keer geskiet. Sy is in die arm en die kop gewond en is op die toneel dood. Oscar word glo tans deur die polisie aangehou.
Lees ook die opvolgberigte:
Oscar-skietvoorval: Medelye stroom in vir meisie
Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Nou wat soek die vrou 4 uur in die oggend in sy huis.Met al die moord en roof wat in ons land aangaan,kan n mens hom nie kwalik neem nie,Hoekom word hy toe in hegtinis geneem,ja die rowers,en moordenaars het mos meer regte in die land.
Ons moet onthou die mannetjie het n humeurtje aan hom. Hy was ook al vantevore in die sop oor hy n meisie van hom rond geklap het…. Hierdie hele storie maak nie vir my sin nie. Twee skote nogals, en een daarvan in die kop. Nee wat, ek ruik n rot…..
Dis wat hy se. En hoekom het hy twee keer geskiet? Nie eers die media kon in die kompleks kom nie. Ek glo nie sy storie nie
Dis baie hartseer verhaal.Tyd sal di waarheid bring. Ek kan ni oordeel ma ek ruik ook iets!
Ek is soooo jammer as ek verkeurd is, maar die hele storie klink vi my maar dodgy