Oscar Pistorius skik glo buite die hof oor aanrandingsaak

Cassidy Taylor-Memmory Foto: Google+

Cassidy Taylor-Memmory Foto: Google+

Oscar Pistorius het glo buite die hof geskik nadat hy ʼn vrou van Pretoria, Cassidy Taylor-Memmory, glo in 2009 by sy huis aangerand het, berig Eyewitness News.

Die hofsaak het glo vier jaar lank voortgeduur. Taylor-Memmory sê Pistorius was aggressief en onredelik, maar hy het haar glo daarvan beskuldig dat sy dronk en aggressief was. Taylor-Memmory het aan Eyewitness News gesê haar prokureurs het in Desember ʼn skikkingsooreenkoms met Pistorius bereik.

Taylor-Memmory was ten tyde van die voorval op 12 September 2009 19 jaar oud. Sy het haar been glo beseer by sy huis in Silverwood, Pretoria.

Independent.ie het in 2013 berig Pistorius het aangevoer Taylor-Memmory het “duidelik te veel gedrink en sy het met iemand begin baklei”. Volgens Pistorius het hy haar versoek om sy huis te verlaat, maar sy het glo haar handsak vergeet en het teruggekom om dit te kom haal. “Sy het die deur probeer oopskop en ʼn deurpaneel het afgeval en op haar been geval,” het Pistorius in daardie stadium gesê.

Pistorius het in 2013 sy skadevergoedingseis van R2.2 miljoen teen haar teruggetrek.

Pistorius moet op 3 Maart weer in die hof verskyn nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, verlede jaar op Valentynsdag by sy huis doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Bron: EWN, Independent.ie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annamarie ·

Dus snaaks dat enige Inbreker hulself in ‘n toilet sal toesluit! Net baie goed maak nie sin daar nie! Maar nou ja God weet wat die waarheid is.

Chris van Wyk ·

Hy moet met sy gewete leef en moet vra vir vergifnis. Jammer dat sukses partykeer jou sinne verdof.

Eugenie ·

Chris, ek is seker Oscar het al oor en oor om vergifnis gesmeek, nie net by God nie, maar ook by Reeva se ouers en familie, en ja, selfs by die ganse publiek. As hy skuldig is, sal hy die prys betaal, nie noodwendig in rand en sent nie.

MartinSc ·

Lyk my hy het agter gekom hy het nie ‘n voet om op te staan nie!

Leona ·

As die saak afgehandel is en die dame het ingestem tot ‘n skikking, wat het dit met die saak van Reeva se moord uit te waai? My hart gaan uit na Reeva wat onskuldig dood is in hierdie voorval, maar ek kry ook vir Oscar baie jammer, hy moet met sy gewete saamleef. Ek dink net hierdie is ‘n saak wat uit perporsie geblaas word, soos OJ Simpson. Dit is net omdat albei bekende persone was wat die ewe skielik nuuswaardig is. Daar is baie meer nuuswaardigheid as hierdie… Alles is so onnodige en vir publikasie syfers

rika kotze ·

Oscar word van alle kante uitmekaar getrek, ek wonder wat is daar nog wat hulle oor hom gaan se. Ja, ek kry hom baie jammer en bid elke dag vir hom. Die meisies het dit ook geniet om met hom uit te gaan, toe was hy goed genoeg. Die Here het hom vergewe, maar hy sal saam met die gebeurtenis in sy lewe moet saamleef – ek wens mense wil ophou om hom so te veroordeel, daar is beslis baie goeie karaktertrekke ook in hom, hy is nie net sleg nie – BID VIR JOU OSCAR! !!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.