Oscar Pistorius: Uitspraak vandag gelewer oor regstreekse uitsending

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Die Pretoriase hooggeregshof sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer of die moordbeskuldige Oscar Pistorius se verhoor regstreeks uitgesaai mag word.

Pistorius word beskuldig van moord op die model Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Sy verhoor sal na verwagting van 3 tot 20 Maart duur.

Verskeie mediahuise het verlede Woensdag in dieselfde hof aansoek gedoen om gevorderdetegnologie-toerusting te gebruik om die moordverhoor regstreeks uit te saai. Uitspraak is voorbehou.

Die aansoek is deur eNCA gebring en MultiChoice en Eyewitness News sluit daarby aan. Die mediahuise wil ook die verrigtinge regstreeks op klankbane uitsaai en foto’s neem tydens die verhoor.

Frank Snyckers vir MultiChoice en EWN het gedurende die aansoek gesê dat gevorderdetegnologie-toerusting gebruik sal word wat nie steurend sal wees nie en van ʼn afstand af beheer kan word. Dit kan glo ook te eniger tyd deur die regter afgeskakel word. Getuies wat ook nie hul toestemming verleen nie, sal nie verfilm word nie.

Pistorius se regspan staan die aansoek teen en voer aan dat dit tot ʼn onbillike verhoor kan lei. Barry Roux, Pistorius se prokureur, het gesê dat media-aktiwiteite verskeie aspekte van die verhoor kan beïnvloed en ook nie deur die Steenkamp-familie omdersteun word nie.

Hy het die hof gewaarsku om nie toe te laat dat die hofsaak in ʼn “mediaverhoor” ontaard nie. – SAPA

Lees ook:
Oscar-moordverhoor: Uitspraak voorbehou oor regstreekse uitsending
Oscar Pistorius-verhoor: Mediahuise stel hul saak
Aansoeke om Oscar-saak uit te saai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.