“Oscar-saak is behoorlik ondersoek”

Oscar Pistorius Foto: SAPA

Oscar Pistorius Foto: SAPA

Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Woensdag aan EWN gesê sy is verseker die moordsaak teen Oscar Pistorius is so deeglik as moontlik ondersoek.

Pistorius se moordverhoor word volgende jaar in Maart in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Hy word van moord aangekla nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria geskiet het. Pistorius voer aan dit was ʼn ongeluk en dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het. Die staat gaan egter moord met voorbedagte rade probeer bewys.

EWN het in Februarie bekend gemaak dat die ondersoekbeampte in Pretorius se saak, speurder Hilton Botha, self ʼn kriminele aanklagte in die gesig staar in verband met ʼn skietvoorval wat in 2011 plaasgevind het. Dit het internasionale nuus gehaal en baie vrae laat ontstaan oor die geloofwaardigheid van die staat se saak. Botha het kort daarna uit die polisie bedank.

Phiyega het gesê sy verwag nie soortgelyke probleme tydens volgende jaar se verhoor nie. “Ek is deur my beamptes verseker dat hulle hul beste gedoen het om die saak te ondersoek,” het Phiyega gesê.

Pistorius se moordverhoor gaan na verwagting ongeveer drie weke lank duur.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Ja, ons hoor jou Riah Phiyega – jy is die versekering gegee deur jou beamptes – WOW WOW WOW !

Bly liewers stil, tjoepstil.

Erich Goosen ·

O Vlok, nou is ek nie meer so seker nie. Gelukkig word die saak eers oor ‘n paar maande verhoor so daar is nog baie tyd vir latere regstellings. Wil die dame maar nie ‘n wag voor haar mond plaas nie?

Sommer net ek ·

Natuurlik is sy deur haar “beamptes” ingelig – sy kan dit nie self doen nie – sy WAS NOOOIT in diens van die SAP nie – so – sy sal nie self seker kan maak nie – maar eerder staat moet maak op ander se woord! Sy het uit die bank wese gekom – hoe die twee inmekaar steek weet net die wat haar die pos gegee het! In my onkunde is dit maar hoe ek hieroor voel.

Lize ·

Mag geregtigheid seevier vir Reeva. Oscar is skuldig maar of hy skuldig bevind gaan word met voorbedagte moord is ‘n ander vraag. Hoop die waarheid sal uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.