Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval

Ao. Hilton Botha, die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-saak. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-moordsaak staan self tereg op sewe aanklagte van poging tot moord.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het vroeg Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat ao. Hilton Botha in Mei saam met twee ander polisiebeamptes in die hof sal verskyn. Malila sê die aanklagte hou verband met ʼn voorval in 2011 waar Hilton en die twee ander beamptes glo onder die invloed van alkohol was toe hulle op ʼn minibustaxi losgebrand het. Malila sê die drie beamptes is in hegtenis geneem maar die saak is deur ʼn landdros uitgegooi. Hy sê die direkteur van openbare vervolging het egter gister besluit dat die beamptes, insluitend Botha, weer aangekla moet word.

Pistorius se regsverteenwoordiger het Botha gister tydens Oscar se borgaansoek daarvan beskuldig dat hy die toneel besmet het terwyl hy die skietdood van Reeva Steenkamp ondersoek het. Adv. Barry Roux het Botha daarvan beskuldig dat hy sonder beskermende oortreksels oor sy skoene in Pistorius se huis rondgeloop het. Botha het toegegee dat hy die oortreksels moes aanhê maar sê dit was nie beskikbaar nie. Roux het Botha ook sover gekry om te erken dat hy nie kan bewys dat Pistorius sy prostese aangesit het voor die skietery nie. Volgens Roux het die verdediging ʼn span deskundiges by Pistorius se huis ingestuur na die polisie se ballistiese deskundiges klaar die huis gefynkam het. Roux sê hulle het ʼn koeëlpunt in die toiletbak gevind wat nie deur die polisie se deskundiges gevind is nie. Botha het gesê hy weet daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Brenda ·

Ja-nee, lyk vir my Botha is toe al die tyd die cowboy en nie Oscar nie. As jy self agter die deur staan, soek jy altyd die ander ook daar !!!

amelia ·

Ek is al vir baie lang jare ook in die Polisie. Het ook vir ‘n paar jaar aangekla in die landroshof. ‘n Mens kan maar op jou 6de sintuig se gevoel gaan, en my eie beskeie mening is dat Oscar nie voorbedagderade moord gepleeg het nie. Ek hoop dat die Staat sal seker maak van sy saak want ek glo nie vir ‘n oomblik dat Oscar ‘n vlug risiko is of dat hy Reeva gemoor het nie. Ek glo dat dit ‘n ongeluk was en dat Oscar nie deer die Media skuldig bevind word sonder ‘n regverdige verhoor nie. My simpatie aan Reeva en Oscar se onderskeie families.

Brenda ·

Ek stem! Dink regtig dit was ‘n ongelukkige sameloop van omstandighede… Inninge simpatie aan al die betrokkenes.

Wys net weereens hoe vinnig en maklik iets kan skeefloop… ‘n GROOT misverstand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.