Oscar-saak: Sluier getrek oor ‘SMS-boodskappe’

Justin Divaris (regs agter) het die foto op Twitter gelaai. Langs hom is Steenkamp en Hougaard is regs voor.

Die polisie wil nie kommentaar lewer oor berigte van beweerde kommunikasie wat daar glo tussen Francois Hougaard, skrumskakel vir die Springbokke en Bulls, en Reeva Steenkamp was voor haar dood nie.

Dit kom na berigte dat ʼn top forensiese ontleder van die Valke ingeroep sal word om die selfone wat in Oscar Pistorius se huis gevind is na die moord op Steenkamp te ondersoek. “Ons laat die ondersoek sy gang gaan. Ons gaan dit nie stap vir stap in die media bekendmaak nie,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Hougaard is glo Steenkamp se voormalige kêrel en het hy glo voor haar dood vir haar ʼn SMS-boodskap gestuur. Volgens berigte het dit moontlik ʼn aandeel gehad in die tragiese gebeure by Pistorius se huis op Valentynsdag. Justin Divaris, ʼn sakeman van Sandton en vriend van Pistorius, het kort na Steenkamp se dood ʼn foto op Twitter geplaas van homself, Steenkamp en Hougaard met die woorde: “Gelukkiger tye met spesiale mense. Ons almal mis jou so baie Reevs.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariette Hammann ·

Ter wille van Reeva se ouers, hoop ek op ‘n regverdige verhoor vir Oscar waar al die ware feite na vore sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.