Oscar se gesin betwis moordklag

Oscar Pretorius Vrydag in die Pretoriase landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius se gesin en bestuursmaatskappy het Vrydag gesê hulle betwis die moord in die sterkste terme.

Kate Silvers, woordvoerder vir die bestuursmaatskappy, het in ‘n verklaring gesê hul dink vandag aan die familie en vriende van Reeva Steenkamp. Oscar het Vrydagoggend in die landdroshof in Pretoria verskyn waar hy amptelik met die moord op Reeva aangekla is.

“Die saak is nou aktief in die geregtelike proses en die reg moet sy gang gaan deur ‘n behoorlike ondersoek deur die polisie, versameling van bewyse en die Suid-Afrikaanse regstelsel,” het Silvers bygevoeg. “Die prokureurs wat Oscar verteenwoordig het versoek dat die borgaansoek tot volgende week Dinsdag uitgestel moet word, om hulle die geleentheid te bied om self hul ondersoek na die omstandighede van die tragedie van stapel te stuur,” het Silvers gesê. “Die landdros het ingestem en daar is ook ooreengekom dat Pistorius in aanhouding sal bly by ‘n plaaslike polisiestasie.” Pistorius sal tot Dinsdag by die Brooklyn-polisiestasie in aanhouding bly.

“Oscar het geskiedenis gemaak as ‘n Olimpiese en Paralimpiese atleet en is ‘n inspirasie vir mense regoor die wêreld. Hy het dit baie duidelik gestel dat hy sy diepste simpatie aan die familie van Reeva stuur. Hy bedank ook almal wat boodskappe ter ondersteuning gestuur het, maar soos reeds gesê, dat ons gedagtes en gebede by Reeva en haar familie moet wees, ongeag die omstandighede van hierdie vreeslike tragedie.”

Oscar Pistorius

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Susan ·

Oscar hoe kan ons gebede by Reeva en haar famielie wees.Sy is nie meer hier!!.Ons gebede is by haar geliefdes dt hartverskeurend om jou kind te verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.