Oscar se oom praat

Oscar Pistorius wag gister in die beskuldigdebank vir sy borgaansoek om voort te gaan. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius het Dinsdagaand vir die eerste keer weer begin eet, het sy oom Arnold Pistorius in ʼn onderhoud gesê.

“Carl en Aimee [Pistorius se broer en suster] sê vir my hulle sit saam met hom en dat hy baie tyd spandeer om te lees, veral die Bybel, soos sy ma hom geleer het,” het Arnold Woensdagaand aan eNews Channel Africa (ENCA) gesê. Pretorius is vandag reeds ʼn week in aanhouding nadat hy op Valentynsdag in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy modelmeisie Reeva Steenkamp. Arnold sê dit is ʼn moeilike tyd vir die familie maar dat hulle al die pad agter Oscar staan. Hy het sy kommer uitgespreek oor sy broerskind se “openbare verhoor.” Hy sê die saak duur steeds voort en dat mense vir hulself moet oordeel. “Die waarheid sal uitkom.” In die TV-onderhoud het Arnold ook gesê dat Pistorius se familie in kontak is met Reeva se familie. Hy sê Pistorius was in “absolute skok” en dat hy rou in die “emosioneel uitdagende tyd.” Hy sê die wêreld gaan ʼn ander Oscar sien. “Niemand kan weer dieselfde wees na so tragedie oor jou lewe kom nie, maar hy sal terugveg en beter as ooit wees.”

Die Pistorius-familie het intussen in ʼn verklaring gesê dat hulle tevrede is met Woensdag se hofverrigtinge tydens sy borgaansoek. “Die ondersoekbeampte Hilton Botha het gedurende kruisondervraging bevestig dat die beskikbare ballistiese en forensiese bewyse wat op die toneel gevind is waar Steenkamp ongelukkig haar lewe verloor het, konsekwent is met Oscar se weergawe dat die insident ʼn tragiese voorval was.” Die Pistorius-familie sê hulle vind die teenstrydighede in Botha se getuienis “baie kommerwekkend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brenda ·

Nee, as die polisie lieg oor getuies en sulke swak speurwerk doen (onbedekte skoene op moordtoneel, vind nie al die koeels in toilet nie, lieg oor getuies- se dat getuies hul stryery kon aanhoor, TERWYL hul in werklikheid 600 m ver ?????? is) het GELD absoluut NIKS daarmee te doen nie! Dit bevestig net weereens die standaard van SAPS se BESTE???? manne…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.