Oscar se wedlope gekanselleer

Oscar verlaat Vrydag die hof. Foto: Werner Beukes/Sapa

Al die toekomstige wedlope waaraan die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sou deelneem, is vir eers gekanselleer.

Peet van Zyl, Oscar se agent, het Sondag gesê dié besluit is geneem ná die tragiese voorval waar Oscar (26) sy vriendin, Reeva Steenkamp (29), op Valentynsdag in sy spoghuis in Silver Woods-landgoed doodgeskiet het.

“Ek het besluit dat alle toekomstige wedlope gekanselleer word sodat Oscar op die opkomende geregtelike verrigtinge kan fokus,” het Van Zyl gesê.

Van Zyl het Oscar Sondag by die Brooklyn-polisiestasie gaan besoek. Oscar word daar aangehou totdat hy Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn om vir formele borgtog aansoek te doen. Hy word van moord aangekla.

Oscar se familie en bestuursmaatskappy het Vrydag die moordsaak teen hom betwis.

Reeva gaan Dinsdag ná ʼn roudiens, wat nie vir die publiek oop is nie, in Port Elizabeth veras word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.