Oscar se weergawe

Dinsdag in die Pretoriase landroshof. Foto: Sapa

Oscar Pistorius se weergawe van die skietvoorval by sy huis verlede week Donderdag waartydens Reeva Steenkamp by sy huis doodgeskiet is, is Dinsdag vir die eerste keer bekendgemaak.

Oscar was in die Pretoriase landdroshof waar sy regsverteenwoordiger, adv. Barry Roux, sy verklaring, as deel van sy borgtogaansoek, aan die hof voorgelees het. Roux het die staat versoek om bewyse in te dien dat die paartjie die aand in ʼn stryery betrokke was. “Ek maak die verklaring uit vrye wil en is deur niemand beïnvloed nie. Ek is ingelig dat ek van moord aangekla word, ek ontken die aantygings. Niks kan verder van die werklikheid af wees dat ek die moord op my meisie beplan het nie,” lui Pistorius se verklaring.

Hy sê hy en Reeva sou die aand van13 Februarie afsonderlik saam hul onderskeie vriende uitgegaan het. “Sy het vir my ʼn Valentynsdag-geskenk gegee en gesê ek moet dit die volgende dag oopmaak, ek kon nie gelukkiger gewees het nie.” Hulle het toe besluit om eerder aandete saam by die huis te geniet. “Ek het televisie gekyk, ek het nie my prostese aangehad nie. Reeva het joga gedoen en ons het later gaan slaap.”

Die hof moes toe vir twee minute lank verdaag nadat Oscar ʼn emosionele ineenstorting gehad het. Sy familie moes hom bystaan en troos.

Roux het voortgegaan: “Ek is bewus dat mense toegang tot huise in die omgewing gekry het om misdrywe te pleeg. Ek het ook doodsdreigemente ontvang en slaap daarom met my 9mm-pistool onder my bed.”

Pistorius sê hy het later wakker geword nadat hy ʼn lawaai in die badkamer gehoor het. Hy sê hy het geskrik, nie die lig aangeskakel nie, sy geweer gekry en na die badkamer beweeg waar hy op die oortreder geskree het. “Ek het nie my prostese aangehad nie en het baie kwesbaar gevoel. Ek het geweet ek moet myself en vir Reeva beskerm. Ek het deur die badkamerdeur geskiet en vir Reeva gesê sy moet die polisie bel. Ek het terugbeweeg na die bed toe en gesien Reeva is nie daar nie. Dit is tóé eers dat ek besef het sy was dalk binne die badkamer.”

Hy het daarna die deur probeer oopmaak, maar dit was gesluit en het toe na die balkon gegaan om hulp te ontbied. “Ek het my bene aangesit, en probeer om die deur met ʼn krieketkolf oop te breek. Reeva was vooroor gebuig, maar sy het nog geleef. ” Pistorius het haar by die trappe afgedra om haar na die hospitaal te neem. ʼn Dokter wat in die landgoed bly het opgedaag. “Sy is in my arms dood.”

Daar is ook beëdigde verklarings van Pistorius se vriende aan die hof voorgelê. Die borgaansoek is tot Woensdagoggend om 09:00 uitgestel.

Lees ook:
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Ai, die arme Oscar.Gaan hy dan in die gevangenis of weer in die polisie stasie oornag.Sterkte Oscar.

Elize ·

Dit klink regtig so. Dit gebeur gereeld dat my man iets hoor, opstaan, ek gou badkamer toe gaan. Met die terugkom het hy amper al ‘n paar keer op my gepie, want hy het nie geweet ek is daar nie!
Dit kan regtigwaar so gebeur! Ek kry Oscar jammer.

dawie loots ·

so as jy in die nag badkamer toe gaan dan sluit jy die deur dit moet seker n grappie wees

De;ine Du Plessis ·

Ons gebede is saam met Oscar sowel as Reeva se Familie. Al die siek grappe wys hoe laag ons mense in die land gedaal het. Oscar die waarheid sal seevier/ Vertrou op die Here en weet dat die wat klippe gooi self geoordeel sal word. My innige meegevoel aan almal maar veral aan Oscar wat absoluut gebroke is. Mag die Heilige Gees jou aanraak en die kalmte gee in hart en siel. Onthou die wat vingerwys daar is een wat na jou terug wys!

annelise ·

Ek stem saam. Oscar is gebroke. Ek bid vir jom en gesin en ook vir Reeva se familie. Dit is so tragies.

Gemsbok ·

Om doelbewus iemand deur ‘n toegesluite deur dood te skiet, is moord. Selfs al sou dit ‘n inbreker gewees het anderkant die deur. Jy kan slegs selfverdediging eis indien jou lewe in onmiddelike doodsgevaar was, wat dit in Oscar se geval nie kon wees nie.

Oscar kan bly wees die doodstraf geld nie meer in Suid-Afrika nie.

Nugter weet hoe hy sy bevoegdheidsertifikaat vir sy wapen gekry het, met die wyse waarop hy die wet op vuurwapenbeheer en die strafproseswet geïgnoreer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.