Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa

Oscar Pistorius Foto: Reuters

Henke Pistorius, Oscar se pa, sê die skietvoorval op Valentynsdag by Oscar se huis, is ʼn groot skok vir almal.

Oscar (26) het Donderdagoggend omstreeks 04:00 glo per ongeluk sy jaarlange vriendin, Reeva Steenkamp (30), geskiet, nadat hy haar glo as ʼn inbreker aangesien het.

Volgens Henke is Oscar, wat intussen in hegtenis geneem is, erg deur die voorval geskok en getraumatiseer. “Ons is nog nie seker wat presies gebeur het nie. Oscar is besig met die polisie om verklarings af te lê. Ons doen egter ʼn beroep op die publiek om nie in die stadium enige aannames te maak nie,” het hy gesê.

Henke het gesê sy hart gaan uit na die slagoffer se familie en vriende én na sy seun. “Net God kan vertroosting in hierdie moeilike tye gee,” het hy gesê.

Intussen het verskeie nasionale en internasionale media instansies by die Pretoriase landdroshof begin saamdrom waar Oscar na verwagting binnekort op aanklagte van moord gaan verskyn.

Klik hier om meer te lees.

Die Suid-Afrikaanse model, Lee-Ann Liebenberg het vanoggend op haar Twitter-blad gesê “die hemel het ʼn lieflike engel ontvang”.

“Goed. Ons wag vir die nuus en dink aan twee bitter seer families vanoggend. Daar’s nie ʼn pleister nie,” het die sanger Steve Hofmeyr getwiet.

Die rugbyspeler Joost van der Westhuizen het geskryf: “Ek dink aan Oscar en beide gesinne in  hierdie moeilike tyd.”

En die sangeres Sorina, die Flooze,” skryf: “Ons harte en gebede gaan uit na Oscar en Reeva se familie. Mag God genesing bring in die bitter seer tyding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jean ·

Moenie as christene oordeel nie. Sy wou hom moontlikl verras dis valentyns dag en hy het nie bene wat hom kan laat weg hardloop nie. Gee hierdie 2 families spasie dis baie hartseer. Bid vir hulle die skok moet oneindig groot wees

yvonne ·

trudie, jy is so reg mens, God sal dinge gebeur soos hy dit sien, maar die geweld in die ;land laat mense tot die uiterste gaan

Rika Swart ·

Oscar ek wil net vir jou se dat jy moet nie vergeet dat GOD jou nooit sal verlaat nie. Aan altwee die families daars nie woorde om te veetroos nie. Mag ons HEMElSE VADER julle dra in hierdie tyd en julle seer draaglik maak. Ons dra julle op in ons gebede.

Trudie Erasmus ·

Dit is nou die prys wat die arme man moet betaal vir hierdie land wat so agteruit gegaan het. As daar nie soveel moord en doodslag in ons land was nie, sou dit nie gebeur het nie. Maar almal van ons is al so gespanne as jy saans gaan slaap, want jy weet nie of jy die volgende is nie en al het jy bene, die moordenaars skiet jou nog voor jy iets kan doen. Bitter jammer dat dit moes gebeur. My hart gaan uit na albei families.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.