Oscar-skietery: Staat gaan borg teenstaan

Kenny Oldwage, Oscar Pistorius se prokureur, by die Boschkop-polisiestasie. Foto: Sapa

Oscar Pistorius sal na verwagting om 14:00 in die Pretoriase landdroshof verskyn om vir borg aansoek te doen ná ʼn skietvoorval vroeër vandag by sy huis. Die staat het egter laat weet hulle gaan sy borg teenstaan.

Oscar (26) het Donderdagoggend glo per ongeluk sy jaarlange vriendin, die model Reeva Steenkamp (30), geskiet, nadat hy haar glo as ʼn inbreker aangesien het. Die voorval het omstreeks 04:00 in sy huis in die Silver Woods-veiligheidskompleks in Silver Lakes, Pretoria, plaasgevind.

Oscar is na die skietery in hegtenis geneem en na die Boschkop-polisiestasie geneem. Vandaar is hy na die Mamelodi-dagkliniek waar bloedmonsters geneem is voor hy hof toe is.

Brigadier Denise Beukes, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Oscar gee sy volle samewerking. Sy sê voorts die polisie kan nie in die stadium al hul redes bekend maak hoekom hulle sy borgaansoek gaan teenstaan nie.

“Ons kan wel bevestig daar was voorheen gevalle van huishoudelike geweld by sy huis en dit alles vorm deel die  ondersoek,” het sy gesê.

Sy sê daar was geen teken van geforseerde toegang tot Oscar se perseel nie en gerugte dat sy geskiet is nadat sy as ‘n inbreker aangesien is, kom nié van die polisie af nie.

Die polisie se forensiese eenheid is besig om die toneel te fynkam.

Sien ook:
Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa
Oscar-skietvoorval: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PEET VAN BREDA ·

DIT IS UITERS EN ENORM INPAKTEREND OP N GEWELD GETEISTERDE SUID AFRIKAANSE VOLK WAT WEERLOOS OORGELAAT IS AAN ONBEWAAKTE GRENSE, SWAK EN KRIMINELE POLISIEERING, EN DIE EWIGE ANGS VAN INBREKERS,VERKRAGTERS EN MOORDENAARS. MENSE MOET FYN NOOD BEPLANNING DOEN OM MEKAAR IN AG TE NEEM VIR NAGTELIKE VOORBEREIDINGS VIR SELF VERDEDIGING IN NOOD.

Paul Joubert ·

Peet, as jy alles in hoofletters tik, is dit baie moeilik om te lees. Mens skryf tog nie so nie – waarom so tik?

Marlene ·

Enigeen van ons kon vandag in sy “skoene” staan. Die klimaat in ons land is van so ‘n aard dat jy eers skiet en dan vra anders is dit dalk te laat. Sterkete ou seun, ons dink aan jou!

Anita ·

Ek stem saam met Peet van Breda.
Diewe kom soms geruisloos tot jou slaapkamer soveel gevalle al voorgekom.
Ons bid vir die gesinne vir sterkte, in die dae wat volg. Sterkte Oscar .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.