Oscar-skietvoorval: Medelye stroom in vir meisie

Reeva Steenkamp. Foto: Facebook

Medelye stroom in op Facebook en Twitter vir Reeva Steenkamp, ʼn model en jarelange vriendin van die paralimpiese atleet, wat op Valentynsdag glo per ongeluk deur Oscar Pistorius in sy huis in Pretoria doodgeskiet is.

Daar word vermoed dat Pistorius haar as ʼn inbreker aangesien het.  Volgens berigte was van Steenkamp se familie na die voorval saam met Pistorius op die toneel.

Volgens ʼn polisiebron het die voorval omstreeks 04:00 in sy huis in die Silver Woods-veiligheidskompleks in Silver Lakes, Pretoria, plaasgevind. Sy is glo twee keer geskiet. Sy is in die arm en die kop gewond en is op die toneel dood.

Lt.kol. Katlego Mogale het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is in ʼn sensitiewe stadium. Sy het bevestig dat ‘n vrou Donderdagoggend noodlottig gewond is. Die polisie het beslag gelê op ‘n 9mm-pistool. Die polisie het ‘n saak van moord oopgemaak. Pistorius word glo tans deur die polisie ondervra en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Lees ook:
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar-skietery: Staat gaan borg teenstaan
Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan van zyl ·

Dit is n tragedie. Regte mense met regte emosies en regte lewens. Dit is ni n Hollywood storie nie. Sulke tragedes mag nie gebeur nie, maar dit het!. Ons leef in n baie weerlose tydperk. Ons moet op die regte tyd op die regte plek wees. Vieruur in die oggend behoort jy in jou bed te wees!.

Suzanne ·

Wat ‘n tragiese dag vir Reeva se familie en vriende asook Oscar sin! Reeves, jy sal gemis word! Jy was ‘n stunning mens en sal altyd in tonne mense se harte wees xox

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.