Oscar: “Testosteroon” nie onwettig

Oscar Pistorius Vrydag in die hof, voor hy gehoor het hy kry borg. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die middel wat in Oscar Pistorius se huis gevind is nadat Reeva Steenkamp op Valentynsdag doodgeskiet is, is nie ʼn verbode middel nie. Die Wêreld-agentskap teen Verbode Middels (Wada) het bevestig dat die middel, wat aanvanklik deur die polisie as “testosteroon” aangesien is, nie verbode is nie.

Wada het gesê hulle is bewus dat die middel, Testis compositum, in Pistorius se huis gevind is. Adv. Barry Roux, Pistorius se regverteenwoordiger, het verlede week tydens Pistorius se borgtogverhoor aangevoer die “testosteroon” is ʼn kruiemiddel en nie ʼn verbode middel, of steroïede, nie.

Lunice Johnston, Pistorius se familiewoordvoerder, het ook aan die Associated Press gesê dat dit ʼn kruiemiddel is wat help om spiere te herstel.

Pistorius is tans uit op borgtog van R1 miljoen. Hy word daarvan aangekla dat hy op 14 Februarie vir Steenkamp in sy spoghuis in die Silwer Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, met voorbedagte rade doodgeskiet het. Pistorius beweer dit was ʼn ongeluk en dat hy gedink het Steenkamp was ʼn inbreker. Pistorius moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.