Oscar wil siviele eis teen Reeva se ouers buite hof skik

Oscar Pistorius se regspan probeer om ʼn siviele saak wat deur Reeva Steenkamp se ouers aanhangig gemaak is, buite die hof te skik.

The Times het Dinsdag berig dat Pistorius se prokureur, Kenny Oldwage, bevestig het dat hulle in gesprekke met die Steenkamp-familie is. “Hierdie is ʼn baie sensitiewe saak,” het Oldwage aan die koerant gesê en wou nie verder uitbrei nie.

Steenkamp en haar half-broer, Adam, het glo hul bejaarde ouers, Barry en June, finansieel bygestaan, asook die huur van hul huis betaal.

Haar ouers het ʼn multimiljoenrandse siviele eis teen Pistorius ingedien vir finansiële verlies en emosionele stres.

Pistorius se regspan wil glo skik voor sy moordverhoor volgende jaar in Maart begin.

Adv. Petrus “Dup” de Bruin, die Steenkamp-egpaar se prokureur, het gesê daar is amptelik nog geen besluite geneem nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

leana ·

Dit is ‘n sensitiewe saak beslis ja.. Net jammer geld kan hierdie ouers se kind nie terugbring nie. R.I.P. reeva

Peter Vonk ·

n Lewe vir geld,geld vir n lewe.Klink nie vir my reg nie ??

OompieKedoompie ·

Dis die eerste aksie deur die Steenkamps wat ‘n effense wrang smakie by my laat. Iets voel nie reg hier nie.

Lynette Coertze ·

so hulle is meer bekommerd oor die inkomste wat nou daarmee heen is as die kind at hulle verloor het

OompieKedoompie ·

Lynette, ek dink nie dis so rigied nie, maar dis presies die wrang smakie waarvan ek praat. Hierdie is nie ‘n geleentheid om te probeer geld maak nie. Dis nie die VSA hierdie nie.

Eben ·

Lynette ek stem saam, die ouers lyk bietjie gommie vir my. As jy kan onthou op die nuus was daar TV snitte by die ouers huis geneem en die gras so lank en buite lyk nie te netjies! Dus gaan dit hier oor inkomste wat hulle hul dogter getap het in die naam van ‘ouer wees’

Nee wat Oscar, stuur hulle moer toe hulle gaan verseker nie nicer met jou wees voorentoe of jou saak minder maklik maak! Laat die man uitkolim en werk soek of tenmiste net sy gras sny! ;-)

Mckayline ·

Dit maak my kriewel, dink hulle regtig ‘n multimiljoen gaan vergoed vir hulle verlies. In die tweede plek, hoekom wil hulle geld maak uit hulle kind se dood en derdens, dit was nie hulle kind se plig om vir hulle te sorg nie. Hoekom het hulle nie voorsienig gemaak vir hul oudag nie? Dit is SIEK om die minste te se.

JAVR ·

Hulle het nou hulle “host” verloor nou is hulle op soek na ‘n nuwe een. Bloedsuiers! Jammer maar dis hoe ek daaroor voel. Ek is ook al oud en het ook groot kinders maar daar is nie ‘n manier wat ek in my kinders se oë sal kyk om vir my te sorg nie.

Soekie ·

Ken julle hierdie mense se omstandighede JAVR en Mckayline? Sover ek uit die berigte kon aflei het Reeva, uit vrye wil en liefde vir haar ouers, hulle finansieel bygestaan. Daar is ook n wet wat kinders kan verplig om hulle finansieel te help. Dit lyk vir my julle weet jul kinders sal anderpad kyk as jul swaarkry… Een oproep kan julle lewens ook eensklaps verander, dan sal ek graag wil hoor hoe julle te kere gaan.

JAVR ·

Hallo Soekie. Ek stry nie dat arme Reeva haar ouers gehelp het waar sy kon nie en haar broer het hulle ook gehelp maar regtig om niks met die moordenaar te doen wil hê (Oscar) nie maar sy geld kan hulle vat? As dit ek was sou ek nie ‘n sent van hom wou hê nie. My kinders sal NOOIT anderpad kyk as ek swaarkry nie maar ek gaan nie vreemdes dagvaar vir geld wat argumentshalwe een van my kinders in ‘n ongeluk of iets dergliks laat omkom het terwyl hulle vir my gesorg het nie. A nee a.

Sarie ·

Dis geld wat hier tel,nie die kind se lewe nie.Geen geld kan jou kind gesond maak of terug bring nie.Nie een weet wat werklik gebeur het nie.Maar volgens my is dit in elk geval altyd die ouer wat probeer help.Nie altyd die kinders,ek se as ouer mense ‘n pensioen kry en dan kort kom kan ek verstaan.MAAR OM BEKOMMERD TE WEES OOR D.S.T.V. hoeveel van ons is tevrede met sabc,ons moet dit ma kyk,ons werk ma met klein inkomstes.As ek dan moet,dan moet ek my skoondogter aan tree vir my jongste wat 5jaar gelede oorlede is en daar was ook nie van die beste versorging nie.

leana ·

Ai Sarie, wat kan ‘n mens se? Ek sal ook alles in die lewe gee, selfs my eie lewe, net om my jongste wat ook bykans 5 jaar terug oorlede is terug te kry.
GEEN in die wereld geld kan vir die verlies van ‘n kind vergoed nie.

Annie ·

Kry ek dan nou ook die gevoel dat dit om geld gaan. Ja, dalk trek hulle swaar, maar as Reeva op ‘n natuurlike manier gesterf het, wat sou hul dan gemaak het? Nee wat, ek ruik ‘n rot.

Rika Kotze ·

Ek stem saam met julle almal. Die ma het in die begin gese sy wil nooit in haar lewe met Oscar iets te doen he nie, maar sy geld is reg. Ek glo nie Oscar kan ooit in sy lewe enige tegemoetkoming van hulle verwag nie – Rika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.