Oscar wil sy huis verkoop

Die Silver Woods-landgoed in die ooste van Pretoria. Foto: Google Street View

Oscar Pistorius wil sy huis in die Silver Woods-landgoed waar sy meisie Reeva Steenkamp doodgeskiet is verkoop.

“Hy het aangedui dat hy die huis wil verkoop maar het nog niks pro-aktief gedoen om die proses te begin nie,” het Johan van Wyk, woordvoerder van die Pistorius-familie, gesê. Van Wyk sê die familie sal binnekort ʼn verklaring in die verband uitreik. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen vandag aangekondig dat Pistorius se regsverteenwoordigers appèl aangeteken het teen sy borgvoorwaardes. Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG, sê daar is nog nie ʼn hofdatum vasgestel nie en dat die staat die aansoek sal teenstaan. eNews Channel Africa (eNCA) het vroeër berig dat Pistorius se regspan onder meer versoek dat Oscar mag reis en aanvoer dat dit onnodig is vir Pistorius om twee keer ʼn week by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aan te meld. Hulle probeer ook die voorwaarde skrap wat Pistorius versoek om verpligte dwelm- en alkoholtoetse by sy proefbeampte in te dien. “Daar is geen behoefte by die appellant om verbode middels of alkohol te gebruik nie, maar dié voorwaarde is nie geregverdig of deur feite gestaaf nie.” Pistorius is op 22 Februarie op borgtog van R1 miljoen vrygelaat en moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.