Oscar wil weer begin oefen

Oscar Pistorius. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Oscar Pistorius wil weer begin oefen en het onlangs sy gewone atletiekbaan in Pretoria besoek.

Daar is egter nog geen besluit oor die presiese tydsraamwerk wanneer die Paralimpiese atleet na gereelde oefening sal terugkeer nie, maar Pistorius het Dinsdag aan Peet van Zyl, sy agent, en Ampie Louw, sy afrigter, gesê hy wil baie graag weer begin oefen, het Van Zyl gesê. “Wanneer presies is sy keuse,” het Van Zyl Woensdag aan Associated Press gesê.

Pistorius het ook sy oefenbaan op 24 Maart besoek, alhoewel hy nie toe geoefen het nie. Pistorius het meer as twee maande gelede op ‘n baan geoefen en sy laaste deelnemende wedren was sy sege in die 400m-finaal verlede jaar by die Londen Paralimpiese Spele.

Volgens Van Zyl is Pistorius “geestelik” nog nie gereed om mee te ding nie nadat hy van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie aangekla is nie.

Pistorius het aangedui hy sal slegs oorweeg om in Augustus aan die wêreldkampioenskap in Moskou deel te neem indien hy gereed is om op dié hoë vlak deel te neem.

Pistorius moet op 4 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hester de Bruyn ·

Natuurlik moet hy weer begin hardloop. Dit is die een ding wat hy nie mag los. Onthou hy is nie skuldig totdat n Regter hom skuldig bevind het. en dan kan hy nog steeds oefen. HOU AAN OSCAR

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.