“Oscar wou Reeva se lewe red”

Oscar Pistorius se regsspan. Foto: Werner Beukes/Sapa

Adv. Barry Roux het Donderdag in sy slotargument aangevoer dat Oscar Pistorius se aksie om Reeva Steenkamp na die grondverdieping van sy huis te dra en die nooddienste te kontak, beteken dat hy haar lewe wou red.

Roux het Donderdag sy slotargument in die Pretoriase landdroshof gelewer in ʼn poging om Pistorius borg vry te laat.

“Die feit dat hy Johan Stander, die landgoed se bestuurder, en Netcare 911 gebel het, beteken hy het positiewe stappe geneem om haar lewe te probeer red,” het Roux gesê. Hy het ook gesê dit was “spekulasie op sy beste” dat daar ʼn argument tussen die paartjie was. “Die oorsprong van die argument is onbekend en die teorie van die argument was ‘n teken van desperaatheid deur die staat.”

Landdros Desmond Nair het Pistorius se verklaring betwis. Hy het gevra hoekom daar geen melding was of Steenkamp reageer het toe Pistorius vir haar geskreeu het om hulp te ontbied, voor hy geskiet het nie. Roux het reageer dit was “onwaarskynlik” dat sy sou reageer omdat sy bang kon wees.

Nair het ook gevra of dit moontlik was dat Steenkamp vroeër na die toilet toe gegaan het en of daar nie bietjie urine in haar blaas was nie, maar Roux het gesê daar was niks. Hy beweer Steenkamp was op die toilet en het haarself in die badkamer toegesluit om haarself teen die vermeende inbreker te beskerm nadat sy Pistorius hoor skree het. Sy het haarself dus nie van Pistorius probeer beskerm nie.

Die verhoor duur voort. Die staat moet nog sy slotargument lewer waarna uitspraak na verwagting Vrydag sal plaasvind.

Lees ook:
Oscar: “Bewyse dui nie op moord”
Oscar: Meer inligting oor vrou se “geestelike toestand”-mosie
Oscar: Vrou verras met mosie oor Oscar se ‘geestelike toestand’
Oscar: Ondersoekbeampte nie in hofsaal
Oscar: Nike SA onttrek amptelik as borg
Oscar slaap op vloer
Dag drie in Oscar-borgtogaansoek
Nuuskommentaar: Oscar en koerantlesers – soos hond wat padda vang
Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval
Oscar se oom praat
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dawie loots ·

eers skiet jy haar dan wil jy haar red wat is die volgende grap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.