Osti-verslag: OUTsurance span weer die kroon

Outsurance_01-Medium.jpg

Foto verskaf

[promosie-artikel]

Die Ombudsman vir korttermynversekering (OKV) het haar verslag vir 2015 bekend gemaak. Osti is ʼn onafhanklike liggaam by wie kliënte klagtes kan indien waar hulle voel dat hulle onbillik deur hulle versekeraar hanteer is ten opsigte van ʼn eis.

Osti het, per versekeraar, verskeie sleutelstatistieke gelys:

  • Die ‘verwysingskoers’ dui die aantal klagtes aangemeld by Osti per 1 000 eise wat die versekeraar ontvang het.
  • Die ‘omkeerkoers’ dui die persentasie klagtes wat deur Osti omgekeer is met ʼn mate van voordeel aan die kliënt.

OUTsurance is besonder trots om aan te kondig dat hulle weer, vir die tweede agtereenvolgende jaar, gemaklik die bedryf se gemiddelde ten opsigte van albei dié aanwysers geklop het. Van al die tipiese groot korttermynversekeraars is OUTsurance se verwysingskoers van 2 klagtes per 1,000 eise net deur Zurich Insurance oortref.

Hou ʼn mens egter die omkeerkoers in gedagte was OUTsurance die voorloper met slegs 13% van die klagtes wat omgekeer is ten gunste van die kliënt. Die gesamentlike berekening van die twee aanwysers gee ʼn vollediger prentjie van hoe billik die versekeraar eise hanteer. In dié opsig het OUTsurance al sy groot mededingers uitgestof, met ʼn omkeerkoers van slegs 2,3 eise per 10,000 eise wat verwerk is. Dit is 38% beter as die volgende groot mededinger en ongeveer ʼn derde van die gemiddeld van die groot versekeraars.

“Vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar is ons bo aan die lys en ek is besonder bly daaroor. Osti se verslag is ʼn bewys dat ons maatskappy die regte benadering tot die hantering van eise het. Regverdige behandeling en voortreflike diens aan ons kliënte wanneer hulle ʼn eis instel is die belangrikste aspek van ons besigheid” sê Ernst Gouws, hoof uitvoerende direkteur van OUTsurance.

Vergelyking van versekeraars

Vergelyking van versekeraars. Bron: Ombudsman se 2015-jaarverslag

Artikel verskaf deur OUTsurance

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.