OTM-ontploffings: Vier verdagtes vas

ABSA OTM-aanval in Kemptonpark, Julie 2008

Vier mans is Maandag in die Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met die opblaas van outomatiese tellermasjiene (OTM).

“Die groep is omstreeks 02:40 ná ʼn intelligensie-gedrewe operasie by hul huis in Mbekweni in hegtenis geneem,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Die mans, onderskeidelik 21, 27, 33 en 37 jaar oud, is met kommersiële plofstof, twee onwettige vuurwapens en uniforms van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) betrap. Die polisie het ook beslag gelê op hul Volkswagen Minibus.

Volgens Traut is die ondersoek in ʼn sensitiewe stadium. Hy kon nie sê aan hoeveel ontploffings die groep verbind word nie en of ander persone ook in hegtenis geneem gaan word nie.

Minstens 20 OTM’e is sedert die begin van die jaar in die Wes-Kaap opgeblaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.