Ou briewe van Mandela nou op die internet beskikbaar

Duisende briewe, foto’s en dokumente van voormalige president Nelson Mandela is van Dinsdag as ʼn argief op die internet beskikbaar.

Die projek beoog om toegang tot die argiewe oor sy “lang pad na vryheid” sal bevorder. Van die items wat hierby ingesluit is, is briewe wat Mandela aan sy familie geskryf het, en wat uit die tronk gesmokkel is. Sy Metodiste Kerklidmaatskapkaart van ongeveer 80 jaar en handgeskrewe dagboeke is gedigitaliseer en op ʼn webwerf (archive.nelsonmandela.org) publiseer en is ontwerp om soos ʼn museumuitstalling te lyk. “Die projek stel onmiddellik ʼn gesogte nalatenskap aan die wêreld vry,” het Achmat Dangor, die hoof uitvoerende beampte van die Nelson Mandela Foundation gesê. Die projek, met ʼn aanvangskoste van $3 miljoen is deur die Nelson Mandela Sentrum vir Herinnering en die Google Kulturele Instituut saamgestel. Die internetreus Google het nog nooit vantevore só ʼn projek aangepak nie, en het die materiaal aan almal beskikbaar gestel, en die oorspronklike kopiereg-houers behou hul regte. Google beplan om dié projek te gebruik as basis om meer inhoud oor ander geskiedkundige figure uit die 20ste eeu aanlyn beskikbaar te stel.

Google is al in die verlede gekritiseer dat hy sy tegnologiese mag gebruik om materiaal van hul mededingers af te weer. “Jy kan interaktief met die inhoud omgaan. Jy kan deur die inhoud soek. Alhoewel ons die museum-ervaring nageboots het, is ons nou in ʼn plek waar ons voel ons het die hele ervaring verfyn,” het Mark Yoshitake, wat die projekbestuur vir die Google Kulturele Instituut behartig, gesê.

Kategorieë soos die “Presidensiële jare” sluit foto’s met skakels na video’s, teks, persoonlike notas en getuigskrifte in wat spesifiek vir rekenaars en tablette ontwerp is. Ndileka Mandela, die kleindogter van die voormalige president het gesê dat hy nog altyd ʼn “man van vooruitgang” was en dat hy oor die aanlyn-argief “verheug” is. “Soveel soos wat ons hom as ons oupa wil opeis, net soveel is hy ʼn openbare figuur. Die publikasie van die briewe wat hy aan verskeie familielede geskryf het, is nie regtig ʼn probleem nie, want dit wys dat hy maar net ʼn mens is,” het sy gesê. “Vir ʼn man van sy ouderdom gaan dit baie goed met hom. Hy het nog steeds nie sy sin vir humor verloor nie!” het Ndileka gesê.

Mandela (93) het verlede maand ʼn mediese ondersoek ondergaan wat aangetoon het dat daar niks met hom verkeerd is nie. Mandela het die Nobelprys vir Vrede ontvang nadat hy daartoe bygedra het dat die apartheidsbewind in Suid-Afrika tot ʼn val gebring is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.