Oud 7de Laan-akteur kry borg

ʼn Voormalige 7de Laan-akteur is borg toegestaan nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is vir dronkbestuur in Melkbosstrand.

EWN berig dat Sekoati Tsubane, bekend vir sy rol as Kabelo Padi in 7de Laan, laat Vrydagaand in hegtenis geneem is. ʼn Woordvoerder van die Kaapstadse Metropolisie, Yolanda Faro, sê Tsubane is op borgtog van R500 vrygelaat en sal binnekort weer in die hof verskyn. Faro sê Tsubane is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn stopteken verontagsaam het. “Terwyl die beampte hom uitgevra het, het hy agtergekom hy was onder die invloed van alkohol.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

frikkie ·

Hy was mos voorheen by n dwelmhuis in die Kaap gesien. Lyk my hy is n swak voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.