Oud-adjunkminister deur ‘lughawe-bende’ beroof

Jabu Moleketi, ʼn oud-adjunkminister van finansies, is deur ʼn bende beroof wat glo mense teiken wanneer hulle die OR Tambo internasionale lughawe verlaat.

“Hulle was duidelik baie haastig. Hulle het net die tasse gegryp,” het Moleketi aan die Sunday Times gesê. Moleketi, voorsitter van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, het Saterdag teruggekeer na Suid-Afrika nadat hy ʼn G20-vergadering in Rusland bygewoon het. “Hulle het ons van die lughawe af agtervolg. Ons het ons huis binnegegaan en die rowers het die motorhek se sensor geblok en die perseel met wapens binnegekom.” Volgens Moleketi was die tasse se inhoud sowat R70 000 werd. Die polisie het aan die Sunday Times bevestig dat hulle die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.