Oud-Bloubul weer in hof vir byl-moorde

Die verhoor van die voormalige Bloubul-rugbyspeler wat daarvan verdink word dat hy vier mense vermoor het, hervat vandag in die Durbanse hooggeregshof. Drie van Phindile Joseph Ntshongwana se beweerde vier slagoffers is met ʼn byl doodgekap en onthoof.

Ntshongwana word aangekla van die moord op Thembelenkosini Cebekhulu in Montclair op 20 Maart 2011. Hy het na bewering twee dae later Paulos Hlongwa vermoor en vir Simon Ngidi die dag daarna. Hy word ook verdink van die moord op ʼn onbekende man later die week.

Phindile Joseph Ntshongwana. Foto: sowetanlive.co.za

Ntshongwana word verder aangekla van die ontvoering en verkragting van ʼn vrou op 28 November 2010 in Durban. Hy het op al die aanklagte onskuldig gepleit.

Tydens ʼn vorige verskyning in die hof op 22 April het sy prokureur, Themba Mjoli, aangevoer Ntshongwana lei aan “waanbeeldversteuring” en kan nie die misdade waarvan hy aangekla word onthou nie. Daar het reeds verskeie verdoemende bewyse teen hom in die hof aan dit lig gekom.

Mjoli het ook aan die hof gesê Ntshongwana word al sedert 2009 vir sy geestestoestand behandel.

Lees ook:
Meer bewyse in moordsaak van oud-Bloubul
Verdoemende bewyse in oud-Bloubul se moordsaak
Voormalige Bloubul ly glo aan waanbeeldversteuring, vermoor glo vier met byl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.