Oud-burgemeester weier glo om Potch-kantoor te verlaat

Maphetle Maphetle

Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voormalige Tlokwe-burgemeester, Maphetle Maphetle, en sy komitee weier om hul kantore te ontruim nadat hulle Dinsdag ontsetel is.

“Die DA is besig om sy regspan te raadpleeg met die oog om ʼn interdik te bekom om die onwettige okkupasie te keer en dadelik stabiliteit in die munisipaliteit te bewerkstellig,” het Chris Hattingh, die leier van die DA in Noordwes, gesê.

“Ons beoog om die onwettige beset deur die voormalige burgemeester sonder versuim te beëindig,” het hy gesê.

DA-raadslid Annette Combrink is Dinsdag vir die tweede keer sedert November aangewys as die burgemeester van Potchefstroom na ʼn mosie van wantroue teen Maphetle ingedien is.

Lees ook:
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Arrogansie is nie die woord nie! Maar dit is so tipies van die ANC, hulle kan nie aanvaar as hulle verslaan en verloor het nie. Kry die rooimiere om hulle uit te gooi!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.