Oud landbou-minster oorlede

Greyling Wentzel. Foto: verskaf.

Greyling Wentzel, die voormalige minister van landbou en LP vir Bethal, is Saterdag in Pretoria in die ouderdom van 88 oorlede.

Rietjie van Blerk, een van Wentzel se vier dogters, het Maandag aan Maroela Media gesê Wentzel het in Maart ʼn heupvervangingsoperasie ondergaan. Hy het egter na die operasie verswak en Saterdag gesterf.

Wentzel het ʼn geruime tyd in Trichardt, Mpumalanga, gewoon. Hy het vir die afgelope 10 jaar saam met sy vrou, Minnie, by ʼn aftreeoord in Faerie Glen in Pretoria gewoon.

“My pa was ʼn ongelooflike regverdige man, opreg en baie liefdevol,” het Van Blerk gesê.

Wentzel word Vrydag om 10:00 uit die NG Kerk in sy ou tuisdorp, Trichardt, begrawe. Hy laat sy vrou en vier dogters, Van Blerk, Elsabé Harmse, Greta Loots en Karin Kruger agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Susan vd Merwe ·

Rus in vrede oom Greyling, jy was so ‘n gentleman altyd. Ons gaan jou mis. Al die ‘ou Kinross tak girls’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.