Oud-Leeurugbyspeler in huis doodgeskiet

Johan Kemp, voormalige rugbyspeler vir die Leeus, is Donderdagoggend deur drie inbrekers in sy huis in Randburg, Johannesburg, doodgeskiet.

“Drie mans het Donderdagaand omstreeks 02:00 by die huis in Fontainebleau, Randburg, ingebreek,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Hulle het Kemp in sy slaapkamer oorval en drie keer in die bors geskiet.” Sy vrou, Elaine, was glo elders in die huis en het die skote gehoor. “Die mans het haar gedreig en juweliersware, twee selfone en ‘n skootrekenaar gesteel. Hulle het op die gesin se Corsa-motorsleutels aangedring.” Hulle het met die motor gevlug.

Sy vrou Elaine het aan Beeld gesê haar man was ‘n natuurliefhebber en vredesmaker. “Hy het vir sy kinders geleef,” het Elaine gesê. Hul twee seuntjies, onderskeidelik twee en vier jaar oud, is ongedeerd.

Volgens Dlamini is daar geen teken van forseerde toegang tot die huis nie. Die gesin se twee honde is met ‘n mes gesteek, maar het die voorval oorleef.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Dlamini gesê.

Kemp het in 2002 vir die Goue Leeus in die Vodacom-beker gespeel. Een van sy voormalige spanmaats, Cobus Grobbelaar, het hom as “vriendelik met ‘n goeie sin vir humor” beskryf.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trudie

Jammer dat ek dit nou moet sê maar hoe is dit dat sy vrou 2 uur in die oggend “elders” in die huis was, daar was geen teken van forseerde inbraak nie? Lees ook nie dat hulle toe met die motor weggery ht nie. Of hierdie berig is nie volledig nie of die storie klink nie lekker nie.

Gawie Botha

,,,,,,,,,,,,,,,,,volgens die berig,,,,,,,,,,,,klink dit na n huurmoord!

Riens

Gawie ek’s geneig om saam jou te stem … Presies dieselfde het deur my kop gegaan soos ek gelees het – ek ruik ‘n rot – kom ons wag om te hoor hoeveel is in die boedel ;-) …

Petra

Julle is pateties verby hoor !!!!! As julle rotte ruik, gaan bad. Julle wil almal altyd verdink van die ergste soos JULLE WIL GESKIED !!!!!!!! Hoekom MOET jy om 2am in jou bed langs jou partner slaap? Sy kon soos ek gesit en werk het tot 2am wanneer almal slaap en dit baie rustig is, of wat ookal. Baie mense sukkel om aan die slaap te raak en ja ek was ook getroud, my eks man het baie gesnork, en as ek nie kon slaap nie, was daar geen bloody punt om in die bed te bly en rondrol en… Lees meer »

Riens

Om mee te begin: ontspan en haal diep asem voor jy ‘n aar bars ;) Enige iemand wat daai tyd van die oggend (of enige tyd van die dag of nag) in ons wonderlike land met oop deure “slaap” of dvd kyk is koekoe ! Maak nie saak watse sekuriteit in plek is nie ~ as hulle wil in gaan hulle in !! Pateties omdat ons common sense vir ons iets anders vertel as joune ? Ons het ‘n reg tot ‘n opinie poplap ! Spaar jou tantrums vir jou man … o, ja …. jy het nie meer een… Lees meer »