ʼn Voormalige offisier in die Lugmag-intelligensiediens sal Maandag in die Nelspruit landdroshof verskyn nadat ʼn wapenarsenaal op sy plaas gevind is.
ʼn Polisiewoordvoerder, Gerald Sedibe, sê die man is Vrydag op die plaas Sudwala’s Kraal, naby Nelspruit, in hegtenis geneem. Hy sê die polisie het beslag gelê op meer as 20 vuurwapens, plofstof en ammunisie. Sedibe sê die polisie het op ʼn houer vol gewere afgekom wat naby die huis begrawe was. Hy sê die polisie het onder meer op ʼn AK-47, .303-gewere, aanvalsgewere en hand- en skokgranate beslag gelê. Beeld het die man intussen geïdentifiseer as die 51-jarige oudmaj. Wicus Coetzee (51). Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
you can not have enough firearms in a country where, if you live in a remote area,you get shot by bandits and robbers.
defend yourself,because the police does not defend people,they are helpless.