Oud-polisiehoof se whisky gesteel

Bheki Cele. Foto: GCIS

Diewe het by Bheki Cele, voormalige nasionale polisiekommissaris, se motorhuis ingebreek en duur bottels whisky gesteel.

Die Sunday Tirbune berig dat die diewe deur ʼn venster by Cele se huis in Durban probeer inbreek het maar nie daarin kon slaag nie. Die diewe het toe by die motorhuis ingebreek en glo ʼn duur bottel whisky gedrink wat hulle in een van die motors gevind het. Die diewe het glo ander waardevolle items en twee bottels whisky van nagenoeg R1 000 elk gebuit. “Ons gemeenskap is onder beleg, daar is geen twyfel daaroor nie. Wat my grief is dat ek iets daaraan kon doen as ek steeds deel was van die mag,” het Cele aan die Sunday Tribune gesê. Hy en sy gesin het geslaap ten tyde van die voorval. Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tante Afrikana ·

Ja siestog ne…hy is sy whiskey kwyt en honderde mense is intussen vermoor….terwyl hy hoof van die polisie was…. wat wil hy nou aan die saak doen ??

Henrietta Klaasing ·

Daar gaan seker ‘n YSLIKE span top-speurders en die keur van die spesiale polisie by die vang van die perps wees …. vergeet van die gruwelike moorde op boere, vergeet van die reeks-verkragters – hoe DURF hulle Cele besteel?

Skepties ·

En van alle dinge sy duur whiskey so ewe ! Dis gans te parmantig van die boewe !!!! LoL

Skepties ·

Don’t give that man a Bells ! Hy kon niks aan die ryp en diefstal en en en doen nie, maar wil nou vurig op sy agter pote spring omdat sy buddies sy dop gesteel het ! WTF ………. Tipies ! Die mentaliteit van ‘n vis !! OE EH EH

E Roos ·

Ja nee ek se ook hy kan nog steeds iets omtrent die misdaad doen deur betrokke te raak by sy plaaslike sektor polisie forum of hy kan een stig. Verbeel jou gaan tekere oor ‘n bottel drank wat gesteel is sal eerder skaam voel om te se ek drink sulke duur whiskey, wys jou weereens hoe dik is hy in die pond om dit vir ‘n bottel drank te betaal en dit word nogal uit die kar gesteel, het hy dalk gedrink en bestuur!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.