Oud-polisieman en nog ʼn verdagte vas oor beweerde renosterstropery-geld

Twee mans, waaronder ʼn voormalige polisieman, is Dinsdag in Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat R3 miljoen, wat vermoedelik gesteel is, in hulle besit gevind is.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die twee mans se motor is Dinsdagoggend gedurende ʼn roetine ondersoek afgetrek op die N4. “Die polisie het R3 miljoen in die motor se kattebak gevind. Daar is ook genetiese dieremateriaal in die motor gevind”. Hlathi sê die verdagtes kon nie verduidelik waar die geld of die dieremateriaal vandaan kom nie. Hlathi sê die polisie vermoed dat die twee verdagtes deel is van ʼn renosterstropery-sindikaat. Die verdagtes word aangekla van korrupsie en geldwassery en sal binnekort in die Middelburg landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.