Oud-polisieman gevonnis ná vrou doodgeskiet is

Jeanette Odendaal

Jeanette Odendaal

‘n Voormalige polisieman is Vrydag tot 18 maande korrektiewe toesig gevonnis nadat hy Jeanette Odendaal (45) in 2011 doodgeskiet het.

Odendaal het buite die polisiestasie in Kempton Park in ‘n stilstaande polisievoertuig vasgery. Manape Phineas Kgoale is aanvanklik van moord aangekla, maar hy het vroeër skuldig gepleit op ‘n aanklag van strafbare manslag.

“Die Kempton Parkse streekshof het Kgoale ook ‘n vyf jaar opgeskorte vonnis opgelê nadat hy Odendaal geskiet het,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) gesê.

Kgoale is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Hy het in ‘n verklaring gesê hy het Odendaal vir ‘n kaper of ‘n motordief aangesien.

Hy is uit die polisie afgedank nadat ‘n tugkomitee hom in Augustus 2011 skuldig bevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eben ·

Dan kan Oscar Pistorius ook vry uitstap! Hy het ook gedink dis inbrekers ….

Willy ·

Môresê julle.

Dis ‘n goeie punt wat jy opper Eben maar hou in gedagte wie het vir wie dood geskiet.
Andersom sou ons almal geweet het wat sou die uitspraak dan gewees het.

german ·

Geneig om saam te stem met Angelus, Willie en Abrie. En Victor, dit sal net soveel meer satisfaksie gee om geregtigheid nog in hierdie lewe te sien. Mense vrees nie meer God se oordeel vandag nie. Dink dis deels omdat ons nie sms’e van die anderkant af kry nie.

Seg Net ·

Nee hel wat seg die engelse spreek woord ” Two wrongs don’t make a right’ Die regstelsel het maar net weeg gewys daar is twee regstelsels en strawwe in Suid Afrika, een vir Blank en een vir Swart.

wllie ·

Wonder net wat die vonnis sou gewees het as dit n wit polisieman was wat n swart vrou verwar het as n motordief of kaper?

Victor ·

Ai wl ma liewer nx se ni AL wt ek weet is God is Groot,,Almagt8 & Regverdug.Sy loon is lank reeds vir hm UitgeSit.

Willy ·

Victor wil jy nie asb so gaaf wees om jou kommentaar vir ons te vertaal na Afrikaans of Engels? Ons stel baie belang wat jy vir ons wil sê.

Gawie Botha ·

Willy!,,,,,,stem saam met jou ,,,,,,,,mense wat nie al die kennis het,sal sukkel om Victor se taal te lees,wat die moderne “Shorthand” is!,,,,,,,,,,,,,,probeer dit weer lees,,,dit is verskriklik eenvoudig!

Willy ·

Sjoe ja Gawie en iemand wat net diktafoon diktering doen vind die “shorthand” maar moelik.

JAVR ·

Ag ek stem Willy. Die minste wat mense kan doen is nie ons taal so verkrag met die spelling nie. My kinders doen dit ook en ek raak BAIE ongeellie as hulle sulke sms’e stuur!

Gawie Botha ·

Hierdie uitspraak,kan ook gebruik word by Oscar se verhoor as verwysing,na vorige bevindings in n soortgelyke sutuasie!

Erich Goosen ·

Die vonnis skrei ten hemele. Die aangeklaagde het roekeloos en sonder enige provokasie ‘n persoon doodgeskiet en die verweer dat hy die oorledene as ‘n kaper aangesien het, is belaglik. Selfs al word die weergawe aanvaar bly die kardinale vraag waarom hy ‘n dodelike skoot adfgevuur het. Die incident het by ‘n polisierstasie gebeur en as sy weergawe redelik moontlik waar kon wees, is die optrede nie geregverdig nie aangesien die oorledene maklik aangekeer kon word. Ek skaam my vir ons kriminele regstelsel.

abre ·

18 maande korrektiewe toesig , wat n klug wat as n werker op n plaas aangerand word dan kry dit voorblad nuus en die hoogste vonnis word af gedwing hierdie land regering maak my siek

JAVR ·

DIT mensies is waarmee ons opgeskeep sit in Kempton Park! Jy kan nie WAAG om polisiestasie toe te gaan of net daar verby te ry nie. Moet tog nie na donker alleen gesien word in ‘n motor deur hulle nie want dan word jy na ‘n veld gery, geskop en slaan en beroof en sommer net daar gelos! Ek sê julle as ek sien hulle doen patrollie in ons woonbuurt wag ek om te hoor by wie daar ingebreek is so 2 dae NA hulle patrollie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.