Oud-polisieman tronk toe oor kinderpornografie

André Stephen Botha Foto: www.witness.co.za

André Botha, ʼn voormalige polisiebeampte van Welkom, is Woensdag gevonnis nadat hy in Julie op aanklag van die besit van kinderpornografie skuldig bevind is.

Botha (38), oorspronklik van Durban, is tot 45 jaar tronkstraf gevonnis waarvan hy effektief 15 jaar moet uitdien, berig OFM. Hy is in Julie skuldig bevind op ses aanklagte van die besit van pornografie en dat hy probleer het om bewysstukke te vernietig. Die misdade het in Julie en Augustus 2011 plaasgevind. Hy het skuldig gepleit.

Ná sy inhegtenisneming is honderde eksplisiete foto’s, video’s en gesprekke op sy selfoon, MXit, BBM en Skype opgespoor. Hy het selfs ʼn kleuterskoolonderwyseres R1 000 per pornografiese foto van kinders in haar sorg aangebied. Klik hier om meer te lees.

Charmaine Labuschagne, aanklaer van Welkom, het aan OFM Nuus gesê mense moet versigtig wees oor dit wat hulle oor die internet stuur. “Baie mense dink die besit van kinderpornografie is nie so ʼn ernstige misdryf nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marita ·

Kan mens nie sulke mense in ‘n plek sit en die sleutel weg gooi nie, dit is hulle wat ons kinders verkeerde goed in die lewe leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.