Oud-polisieman tronk toe vir moord op vrou

Morne Croeser verskyn Maandag buite die Pietermaritzburg hooggeregshof nadat hy skuldig bevind aan die moord op sy vrou. Foto: Shan Pillay/SAPA

ʼn Voormalige polisieman is Dinsdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof tronkstraf opgelê vir die moord op sy vrou.

Morne Croeser (34) is Dinsdag tot 23 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op sy vrou Erika. Regter Esther Steyn sê Erika se dogters – onderskeidelik vier en sewe jaar oud – is ontneem van haar lewe, hoop, drome en verwagtinge. Erika se familie is ook ontneem van ʼn suster, dogter en vriend. Croeser is Maandag skuldig bevind aan die moord op sy vrou. Steyn het Croeser se verweer dat hy en sy vrou Erika glo deur ʼn inbreker aangeval is verwerp. Croeser is daarvan aangekla dat hy sy vrou in Augustus 2010 minstens 14 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Croeser het beweer dat hy en sy vrou aangeval is nadat hulle laataand tuisgekom het. Croeser is in die maag gesteek. Die staat het aangevoer dat Croeser homself in die maag gesteek het ter stawing van die leuen dat hulle aangeval is. Daar is vroeër aangevoer dat daar onmin tussen Croeser en sy vrou was en dat sy glo voor haar dood aan haar broer gesê het sy word aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.