Oud-Potch-burgemeester se “raad” aan Combrink

Maphetle Maphetle

Maphetle Maphetle, die voormalige burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit, het die nuwe DA-burgemeester, Annette Combrink, glo van raad bedien voordat hy Donderdag amptelik die munisipale gebou in Potchefstroom ontruim het.

Die ANC in Tlokwe het Woensdag ingestem om die kantoor te ontruim. Hulle het ook ʼn dringende aansoek vir verlof om appèl teruggetrek aangaande die hof se besluit rondom die ontseteling van die burgemeester.

Maphetle het aan JacarandaFM gesê die waarheid sal almal vrymaak. “Sy moet nie op mense se gevoelens speel en dinge aan hulle belowe waaraan sy nie kan voldoen nie,” het hy onder andere gesê.

Klik hier om na ʼn klankgreep van die onderhoud te luister.

Lees ook:
ANC sal glo Potch-kantoor ontruim
ANC skop vas in Potch
Tlokwe: ANC verloor hofaansoek
Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester
ANC hof toe oor Tlokwe
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Bezuidenhout ·

My,my…raad maar jy was onbekwaam vir die taak,ai tog ek vind dit baie moeilik om die mentaliteit te verstaan…

Willy ·

Hulle is maar net ‘n arrogante spul. Ry die munisipaliteit oor die afgrond dan gee hy nog raad ook! Dis maar net lagwekkend.

Seg Net ·

Baie goeie raad jou bobbejaan. Waarom het jy dit nie gedoen nie? Te sleg om jou werk te doen soveel dat jou eie broers jou uit jou en hulle party skop. Al wat julle goed kan doen is om die land en sy mense se geld te steel en geen dienste te lewer nie. Die ironie van die saak is dat die mense wat julle aan bewind gestem het, teen julle betoog vir dienste wat nie gelewer word nie. Dan is die betogers mense wat nie vir dienste betaal nie, maar dienste verwag. Julle is korrup, maak nie saak hoe daarna gekyk word nie.

Flash ·

“Sy moet nie op mense se gevoelens speel en dinge aan hulle belowe waaraan sy nie kan voldoen nie,” het hy onder andere gesê. Wat uitgelaat is: “Dit is die ANC se alleenreg om vir mense te lieg. Moet julle dit nie nou ook kom probeer doen nie.”

Mmmm – OK. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.