Oud-premier spandeer R1.2 miljoen aan vlugte

Argieffoto

Argieffoto

Zweli Mkhize, voormalige premier van KwaZulu-Natal het tussen 2010 en 2013 sowat R1.2 miljoen spandeer deur van 45 gehuurde vliegtuie en helikopters gebruik te maak, het The Star Donderdag berig.

Senzo Mchunu, huidige premier en Nhlanhla Ngidi, direkteur-generaal van die provinsie, het glo dié inligting bekend gemaak ná vrae deur die Demokratiese Alliansie by die provinsiale wetgewer.

Die koerant het berig dat meeste van die reise binne die provinsie onderneem is. Sommige van die vlugte was om troues en begrafnisse by te woon en het tussen R22 000 en R58 000 gekos.

Die kantoor van die premier het gesê dit is nie “ongewoon” om van privaatvliegtuie gebruik te maak nie. “Privaatvliegtuie word gebruik om verafgeleë gebiede te bereik,” het Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder, gesê. “Daar is geen handelsvlugte na dié gebiede in KwaZulu-Natal nie. Premiers het die afgelope paar jaar van privaatvliegtuie gebruik gemaak om hul pligte uit te voer.”

Volgens Sibiya is dit nie ʼn misbruik van belastinggeld nie, aangesien Mkhize in sy amp as premier na die troues en begrafnisse uitgenooi is.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Jammer mnr. Sibiya, as dit nie misbruik van staatsgeld is nie, dan weet ek wragtig nie wat is misbruik van staatsgeld nie. Vliegtuig huur om troues by te woon!!! Wat wil jy nou meer he

Alta Mouton ·

So, is dit nou waarvoor ‘n premier aangestel word om troues en begrafnisse by te woon, geen wonder daar word niks anders gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.