Oud-SA bankier pleeg selfmoord in Londen

Nico Lambrechts. Foto: Facebook

Nico Lambrechts (46), ʼn Suid-Afrikaans gebore bankier, wat in Londen gewerk het, het selfmoord gepleeg deur van ʼn gebou af te spring.

Die Daily Mail berig dat Lambrechts van die dak van Coq d’Argent, ʼn luukse restaurant in die stad, afgespring het. Volgens die berig het Lambrechts tussen klante geland wat middagete geëet het. Hy is minute later deur paramedici dood verklaar. Lambrechts het as beleggingsontleder by Investec Asset Management gewerk. Sy vrou, Adele, wou nie met die media praat nie. Lambrechts laat ook drie kinders agter.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.